Gerhard soek ‘n nuwe werk.
Hy hou nie van sy kantoor werk nie.
Hy dink die werk is te vervelig.
Gerhard soek ‘n meer opwindende werk.
Hy soek aanlyn vir ‘n nuwe werk.
Daar is baie werk in restaurante.
Daar is ook baie werk in winkels.
Gerhard kan nie baie goed kos maak nie.
Maar hy hou daarvan om inkopies te doen en met mense te gesels.
Gerhard hoop hy kan werk kry in ‘n winkel.
Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel.
Ek soek ‘n nuwe werk.
Ek hou nie van my kantoor werk nie.
Ek dink die werk is te vervelig.
Ek soek ‘n meer opwindende werk.
Ek soek aanlyn vir ‘n nuwe werk.
Daar is baie werksgeleenthede in restaurante.
Daar is ook baie werksgeleenthede in winkels.
Ek kan nie baie goed kos maak nie.
Maar ek hou daarvan om inkopies te doen en met mense te gesels.
Ek hoop ek kan werk kry in ‘n winkel.
Vrae:
Een: Gerhard soek ‘n nuwe werk. Soek Gerhard ‘n nuwe werk? Ja, Gerhard soek ‘n nuwe werk.
Twee: Gerhard dink sy werk is te vervelig. Hou Gerhard van sy kantoor werk? Nee, Gerhard hou nie van sy kantoorwerk nie. Hy dink sy werk is te vervelig.
Drie: Gerhard soek ‘n meer opwindende werk. Soek Gerhard ‘n vervelige werk? Nee, Gerhard soek ‘n meer opwindende werk.
Vier: Gerhard soek aanlyn vir ‘n nuwe werk. Soek Gerhard aanlyn vir werk? Ja, Gerhard soek aanlyn vir ‘n nuwe werk.
Vyf: Daar is baie werksgeleenthede in restaurante. Is daar baie werksgeleenthede in restaurante? Ja, daar is baie werksgeleenthede in restaurante.
Ses: Gerhard kan nie baie goed kos maak nie. Kan Gerhard goed kos maak? Nee, Gerhard kan nie baie goed kos maak nie.
Sewe: Gerhard hou daarvan om inkopies te doen en met mense te gesels. Hou Gerhard daarvan om met mense te gesels? Ja, Gerhard hou daarvan om met mense te gesels, en inkopies te doen.
Agt: Gerhard soek ‘n werk in ‘n winkel. Soek Gerhard ‘n werk in ‘n restaurant? Nee, hy soek nie ‘n werk in ‘n restaurant nie. Hy soek ‘n werk in ‘n winkel.