×

Usamos cookies para ayudar a mejorar LingQ. Al visitar este sitio, aceptas nuestras politicas de cookie.

Wikitongues, Lindie speaking Afrikaans – Text to read

Wikitongues, Lindie speaking Afrikaans

Intermedio 1 de afrikáans lesson to practice reading

Comienza a aprender esta lección ya

Lindie speaking Afrikaans

Hallo, my naam is Lindie, ek is 19 jaar oud en ek is Suid Afrikaans.

My pa is 'n diplomaat, so ek het die grootste

deel van my lewe spandeer in Parys, Pakistan en Doebai.

Die enigste tyd, of plek wanneer ek eintlik Afrikaans kon praat was

in die huis saam met my familie, so ek het al van 'n paar mense gehoor dat

ek 'n vreemde aksent het as ek Afrikaans praat.

Toe ons in 2009 terrug getrek het van Doebai af Suid-Afrika toe

het ek vir die eerste keer Afrikaans as skoolvak geleer,

as huistaal afrikaans.

-----

Ek het toe eintlik die Matriek prys vir Afrikaans gewen tot my verbasing.

Ek het in daai vier jaar 'n nuwe liefde en belangsteling opgetel vir die taal,

veral gedigde en Afrikanse films.

Ek swot inlkigtingsontwerp op universiteit maar my passie is eintlik tale.

Ek droom om 10 tale te kan praat teen die tyd wat ek klaar is met universiteit.

Ek sal graag eendag wil werk in Suid-Korea in die ontwerp besigheid daar,

sodat ek my belangstelling en liefde vir die Koreanse taal en ontwerp kan meng,

so dit is my drome vir die toekoms.

Nou bly my ma-hulle en my jonger broerin Japan,

so ek probeer ook fokus ook om daai taal beter te leer sodat ek wanneer

ek vir hulle gaan kuier in 'n paar maande sal ek hopelik die taal kan praat.

Ek glo dat om 'n ander taal te praat maak vir jou 'n ander persoon en dit maak so veel deure oop,

en jy leer so veel oor ander kulture.

Tale is net fantasties, dis al wat ek kan se, dis fantasies.

So ja, dit was maar net 'n bietjie oor my absolute passie vir taal. Ja.

Subtitles by the Amara.org community

Learn languages from TV shows, movies, news, articles and more! Try LingQ for FREE