×

Usamos cookies para ayudar a mejorar LingQ. Al visitar este sitio, aceptas nuestras politicas de cookie.

Rebaja de Año Nuevo ¡Hasta 50% de descuento!
image

Afrikaanse musiek, Glimlag - Gé Korsten

Glimlag - Gé Korsten

Ou vriend jy weet hoe jaag ons deur die lewe

Jy weet hoe jaag ons almal na sukses

Ons almal soek die lekker in die lewe

Maar dink ons ooit 'n oomblik aan die res

Glimlag vir almal in jou lewe

Dan strooi 'n bietjie liefde en geluk

Glimlag, wees vrolik in jou lewe

Wat jy vir ander doen bring blydskap en geluk

Elkeen loop sy paadjie deur die lewe

Jy weet tog ons probeer almal ons bes

'n Leder wil sy merk maak in sy lewe

Maar dink ons ooit 'n oomblik aan die res

Glimlag vir almal in jou lewe

Kom strooi 'n bietjie liefde en geluk

Glimlag, wees vrolik in jou lewe

Wat jy vir ander doen bring blydskap en geluk

Ou vriend weet jy hoe vinnig vlieg die lewe

Jy weet hoe dikwels kan ons ander kwes

Ons moet 'n oomblik stilstaan in die lewe

'n Oomblik om te dink aan al die res

Glimlag vir almal in jou lewe

Ja, strooi 'n bietjie liefde en geluk

Glimlag, wees vrolik in jou lewe

Wat jy vir ander doen bring blydskap en geluk

Learn languages from TV shows, movies, news, articles and more! Try LingQ for FREE