×

我們使用cookies幫助改善LingQ。通過流覽本網站,表示你同意我們的 cookie 政策.

LingQ Mini Stories, 4- My Dogter is ‘n Goeie Leerling — 閱讀文本

LingQ Mini Stories, 4- My Dogter is ‘n Goeie Leerling

初級2 南非荷蘭語 課程,練習閱讀

立即開始學習本課

4- My Dogter is ‘n Goeie Leerling

My dogter gaan elke dag skool toe.

Sy hou baie van skool.

Sy in ‘n goeie leerling by die skool.

Die onderwysers hou baie van my dogter.

My dogter het baie vriende.

Haar beste vriendin is Amy.

Amy hou van wiskunde en wetenskap.

My dogter hou van Engels en geskiedenis.

Hulle help mekaar met huiswerk.

Hulle leer hard en doen goed op skool.

Ek gaan elke dag skool toe.

Ek hou baie van skool.

Ek is ‘n goeie leerling by die skool.

My onderwysers hou baie van my.

Ek het ook baie vriende.

My beste vriendin is Amy.

Sy hou van wiskunde en wetenskap.

Ek hou van Engels en geskiedenis.

Ons help mekaar met huiswerk.

Ons leer hard en doen goed op skool.

Een: Die dogter gaan elke dag skool toe.

Gaan die dogter elke dag skool toe?

Ja, sy gaan elke dag skool toe.

Twee: Die dogter hou van skool.

Hou die dogter van skool?

Ja, sy hou van skool.

Drie: Die dogter is ‘n goeie leerling.

Is die dogter is slegte leerling?

Nee, die dogter is nie ‘n slegte leerling nie, sy is ‘n goeie leerling.

Vier: Die onderwysers hou van die dogter.

Hou die onderwysers van die dogter?

Ja, die onderwysers hou van die dogter.

Vyf: Haar beste vriendin is genaamd Amy.

Is haar beste vriendin se naam Julie?

Nee, haar beste vriendin is genaamd Amy.

Ses: Amy hou van wiskunde en wetenskap.

Hou Amy van Engels en geskiedenis?

Nee, sy hou van wiskunde en wetenskap.

Sewe: Die dogter en Amy doen goed op skool.

Doen die dogter en Amy goed op skool?

Ja, die dogter en Amy doen goed op skool.

Learn languages from TV shows, movies, news, articles and more! Try LingQ for FREE