×

我们使用 cookie 帮助改善 LingQ。通过浏览本网站,表示你同意我们的 cookie 政策.

LingQ Mini Stories, 10- Jaco Gaan Na ‘n Verjaardagpartytjie… – 阅读文本

LingQ Mini Stories, 10- Jaco Gaan Na ‘n Verjaardagpartytjie Toe

初级2 南非荷兰语 课程,练习阅读

现在开始学习这个课程

Jaco gaan na ‘n verjaardagpartytjie toe.

Hy moet vir Meg ‘n geskenk koop.

Jaco gaan egter nie na baie partytjies toe nie.

Hy is senuweeagtig en wonder wat om te koop.

Meg hou van juweliersware, diere en die kleur blou.

Jaco gaan na ‘n juwelierswinkel toe.

Hy sien ‘n mooi, silwer hangertjie.

Die hangertjie het ‘n blou kat op.

Jaco is bly, en hy koop die hangertjie.

Hy hoop Meg hou van die hangertjie.

Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel:

Ek gaan na ‘n verjaardagpartytjie toe.

Ek moet vir Meg ‘n geskenk koop.

Ek gaan egter nie na baie partytjies toe nie.

Ek is senuweeagtig en wonder wat om te koop.

Meg hou van juweliersware, diere en die kleur blou.

Ek gaan na ‘n juwelierswinkel toe.

Ek sien ‘n mooi, silwer hangertjie.

Die hangertjie het ‘n blou kat op.

Ek is bly, en koop die hangertjie.

Ek hoop Meg hou van die hangertjie.

Vrae:

Een: Jaco gaan na ‘n verjaardagpartytjie toe vir Meg. Gaan Jaco na ‘n verjaardagpartytjie toe? Ja, Jaco gaan na ‘n verjaardagpartytjie toe vir Meg.

Twee: Jaco gaan nie na baie partytjie toe nie, dus voel hy senuweeagtig. Gaan Jaco na baie partytjies toe? Nee, Jaco gaan nie na baie partytjies toe nie, dus voel hy senuweeagtig.

Drie: Meg hou van diere, en die kleur blou. Hou Meg van diere? Ja, Meg hou van diere, en sy hou ook van die kleur blou.

Vier: Jaco gaan na ‘n juwelierswinkel toe. Gaan Meg na ‘n juwelierswinkel toe? Nee, Meg gaan nie na ‘n juwelierswinkel toe nie, maar Jaco gaan wel.

Vyf: Jaco sien ‘n silwer hangertjie. Sien Jaco ‘n silwer ring? Nee, hy sien ‘n silwer hangertjie, nie ‘n ring nie.

Ses: Die hangertjie is silwer. Is die hangertjie silwer, of goud? Die hangertjie is silwer, nie goud nie.

Sewe: Daar is ‘n blou kat op die hangertjie. Is daar ‘n pers kat op die hangertjie? Nee, daar is nie. Daar is ‘n blou kat op die hangertjie.

Agt: Jaco koop die hangertjie want hy hoop Meg sal daarvan hou. Koop Jaco die hangertjie? Ja, Jaco koop die hangertjie want hy hoop Meg sal daarvan hou.

Learn languages from TV shows, movies, news, articles and more! Try LingQ for FREE