×

우리는 LingQ를 개선하기 위해서 쿠키를 사용합니다. 사이트를 방문함으로써 당신은 동의합니다 쿠키 정책.

LingQ Mini Stories, 19- Kevin Vat ‘n Ruskans by die Skool – 읽을 텍스트

LingQ Mini Stories, 19- Kevin Vat ‘n Ruskans by die Skool

초급 2 읽기를 연습하는 아프리칸스어의 수업

지금 본 레슨 학습 시작

Kevin vat ‘n ruskans by die skool.

Dis 12:00 en dis tyd vir middagete.

Kevin het nie ‘n middagete vanaf die huis gebring nie.

Hy moet sy middagete by die skool koop.

Hy gaan kafeteria toe.

Hy sien slaptjips en ‘n slaai.

Sy ma wil hê hy moet die slaai eet.

Maar Kevin wil die slaptjips eet.

Hy dink vir ‘n minuut.

Dan koop hy die slaptjips en eet dit.

Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel.

Ek vat ‘n ruskans by die skool.

Dis 12:00 en dis tyd vir middagete.

Ek het nie ‘n middagete vanaf die huis gebring nie.

Ek moet my middagete by die skool koop.

Ek gaan kafeteria toe.

Ek sien slaptjips en ‘n slaai.

My ma wil hê ek moet die slaai eet.

Maar ek wil die slaptjips eet.

Ek dink vir ‘n minuut.

Dan koop ek die slaptjips en eet dit.

Vrae:

Een: Kevin vat ‘n ruskans by die skool. Werk Kevin by die skool? Nee, hy werk nie. Hy vat ‘n ruskans by die skool.

Twee: Dis 12:00 en dis tyd vir middagete. Is dit middagetenstyd? Ja, dis tyd vir middagete. Dis 12:00.

Drie: Kevin het nie ‘n middagete nie. Het Kevin ‘n middagete? Nee, Kevin het nie ‘n middagete nie.

Vier: Kevin gaan kafeteria toe. Gaan Kevin na ‘n restaurant toe? Nee, Kevin gaan kafeteria toe.

Vyf: Kevin sien ‘n slaai en slaptjips in die kafeteria. Sien Kevin ‘n slaai? Ja, Kevin sien ‘n slaai en slaptjips in die kafeteria.

Ses: Sy ma wil hê hy moet die slaai eet, nie die slaptjips nie. Wil Kevin se ma hê hy moet die slaai eet? Ja, sy ma wil hê hy moet die slaai eet, en nie die slaptjips nie.

Sewe: Kevin koop en eet die slaptjips. Koop Kevin die slaai? Nee, Kevin koop nie die slaai nie. Hy koop en eet die slaptjips.

Learn languages from TV shows, movies, news, articles and more! Try LingQ for FREE