×

LingQをより快適にするためCookieを使用しています。サイトの訪問により同意したと見なされます クッキーポリシー.

LingQ Mini Stories, 8- Lisa doen Skoen-inkopies – 読むためのテキスト

LingQ Mini Stories, 8- Lisa doen Skoen-inkopies

初級2 アフリカーンス語の の読み練習用レッスン

今すぐこのレッスンを開始

Lisa wil nuwe skoene koop.

Sy besoek ‘n skoenwinkel.

Daar is baie mooi skoene daar.

Lisa pas ‘n paar blou skoene aan.

Die blou skoene pas te styf.

Sy pas ‘n paar swart skoene aan.

Hierdie skoene is baie gemaklik.

Lisa vra hoeveel die swart skoene kos.

Die swart skoene kos eenduisend tweehonderd Rand!

Lisa sit die skoene treurig terug en verlaat die winkel.

Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel:

Ek wil nuwe skoene koop.

Ek besoek ‘n skoenwinkel.

Daar is baie mooi skoene daar.

Ek pas ‘n paar blou skoene aan.

Die blou skoene pas te styf.

Ek pas ‘n paar swart skoene aan.

Hierdie skoene is baie gemaklik.

Ek vra hoeveel die swart skoene kos.

Die swart skoene kos eenduisend tweehonderd Rand!

Ek sit die skoene treurig terug en verlaat die winkel.

Vrae:

Een: Lisa wil nuwe skoene koop. Wil Lisa nuwe skoene koop? Ja, Lisa wil nuwe skoene koop.

Twee: Daar is baie mooi skoene in die skoenwinkel. Is daar baie skoene in die skoenwinkel? Ja, daar is baie mooi skoene in die skoenwinkel.

Drie: Lisa pas ‘n paar blou skoene en ‘n paar swart skoene aan. Pas Lisa twee pare skoene aan? Ja, Lisa pas twee pare skoene aan. Sy pas ‘n swart paar en ‘n blou paar aan.

Vier: Lisa pas eerste ‘n paar blou skoene aan. Pas Lisa eerste ‘n paar rooi skoene aan? Nee, Lisa pas nie ‘n paar rooi skoene aan nie, sy pas ‘n paar blou skoene aan.

Vyf: Die blou skoene pas te styf. Is die blou skoene gemaklik? Nee, die blou skoene is nie gemaklik nie. Hulle pas te styf.

Ses: Die swart skoene is baie gemaklik. Is die swart skoene gemaklik? Ja, die swart skoene is baie gemaklik.

Sewe: Die swart skoene kos eenduisend tweehonderd Rand. Is die swart skoene duur? Ja, die swart skoene is duur. Hulle kos eenduisend tweehonderd Rand.

Agt: Lisa sit die skoene neer en verlaat die winkel. Koop Lisa die skoene? Nee, Lisa koop nie die skoene nie. Sy sit hulle neer en verlaat die winkel.

Learn languages from TV shows, movies, news, articles and more! Try LingQ for FREE