×

LingQをより快適にするためCookieを使用しています。サイトの訪問により同意したと見なされます クッキーポリシー.

LingQ Mini Stories, 17- Marko Kom Huis Toe na Werk – 読むためのテキスト

LingQ Mini Stories, 17- Marko Kom Huis Toe na Werk

初級2 アフリカーンス語の の読み練習用レッスン

今すぐこのレッスンを開始

Marko kom huis toe na werk.

Hy bestuur elke dag na werk huis toe.

Daar is baie ander karre op die snelweg.

Die snelweg is te stampvol om te beweeg.

Marko voel gefrustreerd en kwaad.

Hy sit die radio aan om nuus te luister.

Dan luister hy na ‘n bietjie musiek.

Marko is nog steeds verveeld en moeg.

Die snelweg is elke dag stampvol.

Marko dink daaraan om eerder ‘n motorfiets te koop.

Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel.

Ek kom na werk huis toe.

Ek bestuur elke dag na werk huis toe.

Daar is baie ander karre op die snelweg.

Die snelweg is te stampvol om te beweeg.

Ek voel gefrustreerd en kwaad.

Ek sit die radio aan om nuus te luister.

Dan luister ek na ‘n bietjie musiek.

Ek is nog steeds verveeld en moeg.

Die snelweg is elke dag stampvol.

Ek dink daaraan om eerder ‘n motorfiets te koop.

Vrae:

Een: Marko kom huis toe met sy kar vanaf die werk. Is Marko by die werk? Nee, Marko is nie by die werk nie. Hy kom huis toe met sy kar vanaf die werk.

Twee: Daar is baie ander karre saam met Marko op die snelweg. Is daar ander karre op die snelweg? Ja, daar is baie ander karre saam met Marko op die snelweg.

Drie: Marko kan nie beweeg nie want die snelweg is stampvol. Kan Marko beweeg? Nee, Marko kan nie beweeg nie want die snelweg is stampvol.

Vier: Marko voel gefrustreerd en kwaad. Voel Marko gelukkig? Nee, Marko voel nie gelukkig nie. Hy voel gefrustreerd en kwaad.

Vyf: Marko luister na die nuus op die radio in sy kar. Luister Marko na die nuus? Ja, Marko luister na die nuus op die radio in sy kar.

Ses: Die snelweg is altyd elke dag stampvol. Is die snelweg altyd stampvol? Ja, die snelweg is altyd stampvol elke dag.

Sewe: Marko dink hy mag dalk ‘n motorfiets koop in plaas van bestuur. Wil Marko ‘n motorfiets hê? Ja, hy dink hy mag dalk ‘n motorfiets koop in plaas van bestuur.

Learn languages from TV shows, movies, news, articles and more! Try LingQ for FREE