×

Utilizziamo i cookies per contribuire a migliorare LingQ. Visitando il sito, acconsenti alla nostra politica dei cookie.

image

LingQ Mini Stories, 9- Andries het ‘n Nuwe Meisie.

Andries het ‘n nuwe meisie.

Sy meisie se naam is Sara.

Andries wil vir Sara aandete kook.

Hy gaan kruidenierswinkel toe.

Andries kry ‘n mandjie en ‘n trollie.

Hy loop verby die groente rak.

Hy kyk na die vis in die vrieskas.

Hy staan naby die slaaitoonbank.

Uiteindelik verlaat hy die winkel.

Andries gaan huis toe en bestel pizza.

Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel:

Ek het ‘n nuwe meisie.

My meisie se naam is Sara.

Ek wil vir Sara aandete kook.

Ek gaan kruidenierswinkel toe.

Ek kry ‘n mandjie en ‘n trollie.

Ek loop verby die groente rak.

Ek kyk na die vis in die vrieskas.

Ek staan naby die slaaitoonbank.

Uiteindelik verlaat ek die winkel.

Ek gaan huis toe en bestel pizza.

Vrae:

Een: Andries het ‘n nuwe meisie genaamd Sara. Het Andries ‘n nuwe meisie? Ja, Andries het ‘n nuwe meisie. Haar naam is Sara.

Twee: Andries wil vir Sara aandete kook. Wil Andries vir Sara middagete maak? Nee, Andries wil nie vir Sara middagete maak nie. Hy wil vir haar aandete kook.

Drie: Andries gaan kruidenierswinkel toe om kos te koop. Gaan Andries kruidenierswinkel toe? Ja, Andries gaan kruidenierswinkel toe om kos te koop.

Vier: Andries loop verby die groente rak. Koop Andries groente? Nee, Andries koop nie groente nie. Hy loop verby die groente rak.

Vyf: Andries kyk na die vis in die vrieskas, maar hy koop niks nie. Kyk Andries na die vis? Ja, Andries kyk na die vis in die vrieskas, maar hy koop niks nie.

Ses: Andries verlaat uiteindelik die winkel en gaan huis toe. Bly Andries in die winkel? Nee, Andries verlaat uiteindelik die winkel en gaan huis toe.

Sewe: Andries bestel pizza in stede. Kook Andries aandete? Nee, Andries kook nie aandete nie. Hy bestel pizza in stede.

Learn languages from TV shows, movies, news, articles and more! Try LingQ for FREE