Jane en Fred is saans moeg.
Hulle eet seweuur saam aandete.
Hulle seun eet saam met hulle.
Hulle ontspan en kyk saam TV.
Hulle seun kyk ook TV.
Hulle sit hulle seun agtuur in die bed.
Jane neem ‘n warm bad.
Fred neem ‘n stort en borsel sy tande.
Jane lees ‘n boek, maar raak aan die slaap.
Fred raak kort daarna ook aan die slaap.
Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel.
Ek en Fred is saans moeg.
Ons eet seweuur saam aandete.
Ons seun eet saam met ons.
Ons ontspan en kyk saam TV.
Ons seun kyk ook TV.
Ons sit ons seun agtuur in die bed.
Ek neem ‘n warm bad.
Fred neem ‘n stort en borsel sy tande.
Ek lees ‘n boek, maar raak aan die slaap.
Fred raak kort daarna ook aan die slaap.
Vrae:
Een: Fred en Jane is moeg. Is Fred en Jane moeg? Ja, hulle is moeg.
Twee: Hulle eet seweuur aandete. Eet hulle sesuur aandete? Nee, hulle eet nie sesuur aandete nie. Hulle eet seweuur.
Drie: Hulle het ‘n seun. Het hulle ‘n dogter? Nee, hulle het nie ‘n dogter nie, hulle het ‘n seun.
Vier: Hulle seun kyk saam met hulle TV. Kyk hulle seun TV? Ja, hulle seun kyk saam met hulle TV.
Vyf: Hy gaan agtuur bed toe. Gaan hulle seun negeuur bed toe? Nee, hy gaan agtuur bed toe.
Ses: Jane neem ‘n warm bad. Neem Jane ‘n stort? Nee, Jane neem nie ‘n stort nie. Sy neem ‘n warm bad.
Sewe: Fred neem ‘n stort en borsel sy tande. Borsel Fred sy tande? Ja, Fred neem ‘n stort en borsel sy tande.
Agt: Jane lees ‘n boek. Lees Jane ‘n boek? Ja, sy lees ‘n boek.