×

We use cookies to help make LingQ better. By visiting the site, you agree to our cookie policy.

image

LingQ Mini Stories, 11- Barend Soek na ‘n Nuwe Woonstel

Barend se woonstel is te klein.

Hy wil na ‘n nuwe woonstel toe trek.

Hy kyk na foto's van woonstelle op die internet.

Een woonstel is baie goedkoop.

Maar dit is oud en leeg.

‘n Ander woonstel het meubels.

Dit het ‘n bed, ‘n TV en ‘n stoof.

Daardie woonstel is egter te duur.

Barend besluit om meer geld te spaar.

Dan kan hy volgende jaar trek.

Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel.

My woonstel is te klein.

Ek wil na ‘n nuwe woonstel toe trek.

Ek kyk na foto's van woonstelle op die internet.

Een woonstel is baie goedkoop.

Maar dit is oud en leeg.

‘n Ander woonstel het meubels.

Dit het ‘n bed, ‘n TV en ‘n stoof.

Daardie woonstel is egter te duur.

Ek besluit om meer geld te spaar.

Dan kan ek volgende jaar trek.

Vrae:

Een: Barend se woonstel is te klein. Is Barend se woonstel groot? Nee, sy woonstel is nie groot nie, dit is te klein.

Twee: Barend wil na ‘n nuwe woonstel toe trek. Wil Barend trek? Ja, Barend wil na ‘n nuwe woonstel toe trek.

Drie: Barend kyk na foto's van woonstelle op die internet. Kyk Barend na foto's op die internet? Ja, Barend kyk na foto's van woonstelle op die internet.

Vier: Die eerste woonstel is goedkoop. Is die eerste woonstel duur? Nee, die eerste woonstel is nie duur nie. Dit is goedkoop.

Vyf: Die eerste woonstel is oud en leeg. Is die eerste woonstel oud? Ja, die eerste woonstel is oud en leeg.

Ses: Die ander woonstel het ‘n bed, ‘n TV, en ‘n stoof. Het die ander woonstel meubels? Ja, die ander woonstel het ‘n bed, ‘n TV, en ‘n stoof.

Sewe: Die ander woonstel is duur. Is die ander woonstel goedkoop? Nee, die ander woonstel is nie goedkoop nie, dit is duur.

Agt: Barend besluit om meer geld te spaar. Wil Barend meer geld spaar? Ja, Barend besluit om meer geld te spaar.

Nege: Barend kan volgende jaar trek. Kan Barend hierdie jaar trek? Nee, Barend kan nie hierdie jaar trek nie. Hy kan volgende jaar trek.

Learn languages from TV shows, movies, news, articles and more! Try LingQ for FREE