×

We use cookies to help make LingQ better. By visiting the site, you agree to our cookie policy.


image

Poems, Die Stem van Suid-Afrika

Die Stem van Suid-Afrika

Uit die blou van onse hemel,

Uit die diepte van ons see,

Oor ons ewige gebergtes

Waar die kranse antwoord gee

Deur ons vêr-verlate vlaktes

Met die kreun van ossewa –

Ruis die stem van ons geliefde,

Van ons land Suid-Afrika

Ons sal antwoord op jou roepstem,

Ons sal offer wat jy vra

Ons sal lewe, ons sal sterwe –

Ons vir jou, Suid-Afrika

In die murg van ons gebeente,

In ons hart en siel en gees,

In ons roem op ons verlede,

In ons hoop op wat sal wees

In ons wil en werk en wandel,

Van ons wieg tot aan ons graf –

Deel geen ander land ons liefde,

Trek geen ander trou ons af

Vaderland! Ons sal die adel,

Van jou naam met ere dra

Waar en trou as Afrikaners –

Kinders van Suid-Afrika

In die songloed van ons somer,

In ons winternag se kou,

In die lente van ons liefde,

In die lanfer van ons rou

By die klink van huw'liks-klokkies,

By die kluit-klap op die kis –

Streel jou stem ons nooit verniet nie,

Weet jy waar jou kinders is

Op jou roep sê ons nooit nee nie,

Sê ons altyd, altyd ja

Om te lewe, om te sterwe –

Ja, ons kom, Suid-Afrika

Op U Almag vas vertrouend

Het ons vadere gebou

Skenk ook ons die krag, o Here!

Om te handhaaf en te hou –

Dat die erwe van ons vad're

Vir ons kinders erwe bly

Knegte van die Allerhoogste,

Teen die hele wêreld vry.

Soos ons vadere vertrou het,

Leer ook ons vertrou, o Heer –

Met ons land en met ons nasie

Sal dit wel wees, God regeer

Die Stem van Suid-Afrika Die Stimme Südafrikas The voice of South Africa La voz de Sudáfrica La voix de l'Afrique du Sud La voce del Sudafrica 南アフリカの声 De stem van Zuid-Afrika Głos Republiki Południowej Afryki A voz da África do Sul Голос Южной Африки Sydafrikas röst Güney Afrika'nın sesi 南非之声 南非之声

Uit die blou van onse hemel, From the blue of our sky,

Uit die diepte van ons see, From the depths of our sea,

Oor ons ewige gebergtes Over our eternal mountains

Waar die kranse antwoord gee Where the cliffs answer.

Deur ons vêr-verlate vlaktes Through our far-forsaken plains

Met die kreun van ossewa – With the groaning of oxcarts –

Ruis die stem van ons geliefde, The voice of our beloved roars,

Van ons land Suid-Afrika From our country South Africa.

Ons sal antwoord op jou roepstem, We will answer your call, 我们将接听您的电话,

Ons sal offer wat jy vra We will offer what you ask: 我们将提供您所要求的

Ons sal lewe, ons sal sterwe – We will live, we will die - 我们会生,我们会死——

Ons vir jou, Suid-Afrika We for you south Africa 我们为您服务 南非

In die murg van ons gebeente, In the marrow of our bones, 在我们的骨髓里,

In ons hart en siel en gees, In our heart and soul and spirit,

In ons roem op ons verlede, In our glory of our past,

In ons hoop op wat sal wees In our hope for what will be

In ons wil en werk en wandel, In our will and work and walk,

Van ons wieg tot aan ons graf – From our cradle to our grave -

Deel geen ander land ons liefde,

Trek geen ander trou ons af

Vaderland! Ons sal die adel,

Van jou naam met ere dra From your name with honor bear:

Waar en trou as Afrikaners –

Kinders van Suid-Afrika

In die songloed van ons somer, In the sunshine of our summer,

In ons winternag se kou, In our winter night's bite,

In die lente van ons liefde,

In die lanfer van ons rou

By die klink van huw'liks-klokkies, At the ringing of wedding bells,

By die kluit-klap op die kis –

Streel jou stem ons nooit verniet nie,

Weet jy waar jou kinders is Do you know where your children are?

Op jou roep sê ons nooit nee nie, At your call we never say no,

Sê ons altyd, altyd ja

Om te lewe, om te sterwe –

Ja, ons kom, Suid-Afrika

Op U Almag vas vertrouend

Het ons vadere gebou

Skenk ook ons die krag, o Here!

Om te handhaaf en te hou –

Dat die erwe van ons vad're

Vir ons kinders erwe bly

Knegte van die Allerhoogste,

Teen die hele wêreld vry.

Soos ons vadere vertrou het,

Leer ook ons vertrou, o Heer –

Met ons land en met ons nasie

Sal dit wel wees, God regeer Will it be, God reigns.