×

Мы используем cookie-файлы, чтобы сделать работу LingQ лучше. Находясь на нашем сайте, вы соглашаетесь на наши правила обработки файлов «cookie».

LingQ Mini Stories, 22- Emma Voel Nie Baie Goed Nie – Текст для чтения

LingQ Mini Stories, 22- Emma Voel Nie Baie Goed Nie

Начинающий 2 Урок африкаанского для практики чтения

Начать изучать этот урок прямо сейчас

Emma voel nie baie goed nie.

Sy het ‘n hoofpyn en ‘n keelseer.

Sy nies ook baie.

Sy besluit om dokter toe te gaan.

Sy vertel vir die dokter hoe sy voel.

Die dokter sê vir Emma sy het ‘n verkoue.

Emma vra die dokter vir medisyne.

Die dokter sê Emma het nie medisyne nodig vir ‘n verkoue nie.

Die dokter sê vir Emma om eerder te slaap en water te drink.

Emma voel nie beter wanneer sy die dokter verlaat nie.

Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel.

Ek het nie baie goed gevoel nie.

Ek het ‘n hoofpyn en ‘n keelseer gehad.

Ek het ook baie genies.

Ek het besluit om dokter toe te gaan.

Ek het vir die dokter vertel hoe ek voel.

Die dokter het gesê ek het ‘n verkoue.

Ek het die dokter gevra vir medisyne.

Die dokter het gesê ek het nie medisyne nodig vir ‘n verkoue nie.

Die dokter het vir my gesê om eerder te slaap en water te drink.

Ek het nie beter gevoel toe ek die dokter verlaat nie.

Vrae:

Een: Emma voel nie goed nie. Voel Emma goed? Nee, sy voel nie goed nie.

Twee: Emma het ‘n hoofpyn en ‘n seer keel. Wat het sy? Sy het ‘n hoofpyn en ‘n seer keel.

Drie: Emma nies baie. Wat doen Emma? Sy nies baie.

Vier: Emma besluit om dokter toe te gaan. Wat besluit Emma om te doen? Sy besluit om dokter toe te gaan.

Vyf: Emma vertel vir die dokter hoe sy voel. Wat vertel Emma vir die dokter? Sy vertel vir die dokter hoe sy voel.

Ses: Die dokter sê Emma het ‘n verkoue. Wat het die dokter vir Emma gesê? Die dokter het vir haar gesê sy het ‘n verkoue.

Sewe: Die dokter het gesê Emma het nie medisyne nodig vir ‘n verkoue nie. Het die dokter gesê Emma het medisyne nodig? Nee, hy het gesê Emma het nie medisyne nodig vir ‘n verkoue nie.

Agt: Die dokter het gesê Emma moet eerder slaap en water drink. Wat het die dokter vir Emma gesê om eerder te doen? Die dokter het vir Emma gesê om eerder te slaap en water te drink.

Nege: Emma het nie beter gevoel na sy die dokter verlaat het nie. Het Emma beter gevoel na sy die dokter verlaat het? Nee, sy het nie beter gevoel na sy die dokter verlaat het nie.

Learn languages from TV shows, movies, news, articles and more! Try LingQ for FREE