×

Wir verwenden Cookies, um LingQ zu verbessern. Mit dem Besuch der Seite erklärst du dich einverstanden mit unseren Cookie-Richtlinien.

LingQ Mini Stories, 54- Maria is by die Park Gestrand – Text to read

LingQ Mini Stories, 54- Maria is by die Park Gestrand

Anfänger 2 Afrikaans lesson to practice reading

Beginne jetzt mit dieser Lektion

Maria is by die park gestrand.

Sy het daar na ‘n somer musiekfees toe gegaan, maar dit het later geëindig as wat sy verwag het.

Nou het al die busse opgehou loop en daar is honderde mense wat op een slag probeer vertrek.

Maria het ‘n Uber op haar foon versoek.

Sy het nog nooit van tevore Uber gebruik nie, en hoop dis veilig.

Sy sien die kar aankom op haar foon skerm.

Dit lyk of dit baie stadig beweeg.

Volgende keer sal sy vertrek voordat die busse ophou loop.

Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel.

Maria en Paul is by die park gestrand.

Hulle het daar na ‘n somer musiekfees toe gegaan, maar dit het later geëindig as wat hulle verwag het.

Nou het al die busse opgehou loop en daar is honderde mense wat op een slag probeer vertrek.

Maria en Paul het ‘n Uber op hulle foon versoek.

Hulle het nog nooit van tevore Uber gebruik nie, en hoop dis veilig.

Hulle sien die kar aankom op die foon skerm.

Dit lyk of dit baie stadig beweeg.

Volgende keer sal hulle vertrek voordat die busse ophou loop.

Vrae:

Een: Maria is by die park gestrand. Waar is Maria gestrand? Maria is by die park gestrand.

Twee: Sy het daar na ‘n somer musiekfees toe gegaan.

Waarom was sy daar? Want sy het daar na ‘n somer musiekfees toe gegaan.

Drie: Nou het al die busse opgehou loop.

Loop die busse nog? Nee, al die busse het opgehou loop

Vier: daar is honderde mense wat op een slag probeer vertrek.

Hoeveel mense het op een slag probeer vertrek? Daar is honderde mense wat op een slag probeer vertrek.

Vyf: Maria en Paul het ‘n Uber op hulle foon versoek. Wat het Maria en Paul versoek? Maria en Paul het ‘n Uber op hulle foon versoek.

Ses: Hulle het nog nooit van tevore Uber gebruik nie, en hoop dis veilig.

Het hulle al vantevore Uber gebruik? Nee, hulle het nog nooit van tevore Uber gebruik nie

Sewe: Hulle sien die kar aankom op die foon skerm.

Hoe sien hulle die kar aankom? Hulle sien die kar aankom op die foon skerm.

Agt: Volgende keer sal hulle vertrek voordat die busse ophou loop.

Wat sal hulle volgende keer doen? Volgende keer sal hulle vertrek voordat die busse ophou loop.

Learn languages from TV shows, movies, news, articles and more! Try LingQ for FREE